praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 18. May 2012

Bygewerk op:04:46:25 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Zim staar voedseltekort in die gesig

Zim staar voedseltekort in die gesig

E-pos Afdruk PDF

Ongeveer 2,17 miljoen Zimbabwiërs, of ‘n kwart van dié land se bevolking het voedsel nodig, het die Rooikruis vereniging Donderdag gesê.

In ‘n verklaring het verskeie organisasies van die Rooikruis vir internasionale fondse gepleit om sodoende dringend voedsel aan Zimbabwe se inwoners te voorsien. Organisasies van die Verenigde Nasies het ook ‘n beroep op meer donasies gedoen.

Wisselvallige reënval, in sekere dele te veel en in ander weer te min, het die koringoes vernietig, wat die stapelvoedsel in dié Afrikaland is.

Volgens die ministerie van finansies het ongeveer vier miljoen Zimbabwiërs reeds uit die land gevlug om werk in buurlande te gaan soek. Die huidige bevolking van Zimbabwe staan tans op agt miljoen.

Die Rooikruis het veral kommer uitgespreek oor die impak wat die tekort aan voedsel sal hê op mense wat MIV/Vigs onderlede het.

In Desember 2009 het die Rooikruisvereniging hul noodvoedselveldtog tot Oktober 2010 verleng, en ‘n beroep op donateurs gedoen vir ekstra befondsing van $33.2 miljoen. Die agentskap is egter in die knyp met $23.9 miljoen, is Donderdag in ‘n verklaring bekendgemaak.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: