praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 18. May 2012

Bygewerk op:04:46:25 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika DA vra spesiale oudit vir Malema

DA vra spesiale oudit vir Malema

E-pos Afdruk PDF

Die DA het die ouditeurgeneraal se streekkantoor in Polokwane gevra vir 'n spesiale oudit van alle tenders wat aan maatskappye waarby Julius Malema betrokke is, toegeken is .

Dit volg op berigte dat Malema se SGL Engineering Projects twee nuwe kontrakte ter waarde van R2,2 miljoen by die Polokwane-munisipaliteit gekry het, het DA-woordvoerder Mark Steele Donderdag gesê.

"Dit blyk daar is duidelike bewyse dat Malema se maatskappye onwettig optree," het Steele gesê.

"Maatskappy moet by die konstruksiebedryf se ontwikkelingsraad, die CIDB, geregistreer wees en belastingsertifikate kan toon om by sulke tenders betrokke te wees.

"Dis duidelik dat Malema se maatskappye nie aan een van hierdie vereistes voldoen nie."

Volgens Steele het die voormalige premier van Limpopo, Sello Moloto, gesê die kontrakte is aan SGL toegeken omdat burgemeesters en munisipale bestuurders in die area gedreig is.

Die beamptes is glo vertel hulle sou hulle werke verloor as die kontrakte nie aan Malema gegee word nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: