Gauteng se premier, Nomvula Mokonyane, sê wit inwoners van Pretoria is “’n klomp rassiste”.
Beeld het haar gevra of sy die siening van Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering, dat die hoofstad op plaaslike regeringsvlak swak bestuur word, deel.
Vullisstakings en bewerings van wanbestuur is die afgelope tyd van die probleme waarmee die inwoners te kampe het.
Volgens Mokonyane is wit belastingbetalers in Pretoria ’n bykomende struikelblok vir Tshwane.
Sy het Afriforum en die belastingbetalersunies as die probleem uitgesonder.
Lees verder.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





