praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 18. May 2012

Bygewerk op:04:46:25 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Zuma en kabinet wil toets vir Vigs

Zuma en kabinet wil toets vir Vigs

E-pos Afdruk PDF

Themba Maseko, hoofregeringswoordvoerder, het Donderdag gesê die regering beplan om 15 miljoen Suid-Afrikaners teen Junie aanstaande jaar vir MIV/vigs te toets.

Jacob Zuma, adj.pres. Kgalema Motlanthe en die hele kabinet sal hulleself ook vir dié virus laat toets.

Slegs sowat 2 miljoen mense per jaar word tans getoets.

Dié aankondiging kom nadat die regering te kenne gegee het dat hulle nie jaar na jaar sal kan volhou om die begroting vir teenvigsmiddels te verhoog nie.

Volgens dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, sal daat voortaan baie groter klem op voorkomingsprogramme gelê word.

Die veldtog wat op 15 April in Gauteng afskop, sal fokus op inligting, onderrig, die beskikbaarheid van kondome asook die MIV/Vigs-status van alle Suid-Afrikaners.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: